top of page

Ons Bedieninge

Die gemeente het verskeie bedieninge wat elkeen 'n unieke funksie het. 

Die Here Jesus het vir ons ‘n volmaakte voorbeeld van onselfsugtige diens gestel toe hy sy dissipels se voete gewas het (lees asb Joh. 13: 1-17). Kom ons volg in sy voetspore en dien Hom met ons gawes, die talente en kragte wat Hy vir ons gegee het. Deur die diensgroepe oefen ons as’t ware om diensbaar te wees op alle lewensterreine en sodoende ‘n verskil in hierdie wêreld te maak. Skakel by die diensgroep van jou keuse in deur die voorsitter van die betrokke diensgroep te skakel.

​

 Getuienis Bediening

Ons wil ‘n missionale gemeente wees waar...

  • elke lidmaat weet hy/sy maak saak vir God en  in hierdie gemeente;

  • elke lidmaat weet wat sy/haar rol en verantwoordelikheid is teenoor God, God se wêreld en ook in Nylstroom-Oos gemeente;

  • elke lidmaat weet hy/sy maak ‘n verskil in hierdie gemeente en in God se wêreld.

 

Kom ons groei saam en dra vrugte!

(Esegiël 47:11)

​

 Omgeegroepe Bediening  Kontak Ewald Schmidt 082 579 6648

In die briewe van Paulus sien ons dat baie van die eerste gemeentes maar klein was, en in die huise van leiers bymekaar gekom het. Die intimiteit van ‘n kleingroep maak dit soveel makliker om Jesus se opdrag uit te leef; ons moet mekaar liefhê, mekaar ondersteun, mekaar se laste dra en vreugdes deel. Die omgeegroep gee vir ‘n gelowige ‘n ondersteuningsnetwerk, ‘n ruimte om geestelik te groei, geloofsvriende wat jou in gebed aan die Here opdra. Die liefde onder gelowiges is een van die kragtigste getuienisse van God se liefde- die omgeegroep maak dit soveel makliker sigbaar in die gemeenskap.

Ons het verskeie omgeegroepe, en die fotos van leiers met hulle inligting kan in die kerk se voorportaalgesien word. Verskillende groepe vergader op verskillende tye weekliks. Kom skakel gerus in by een van die omgeegroepe, dis waar al die aksie is!

​

​

Jeug Bediening

  • Tree op as mentors by Koning Klitsies, Funky Kategese en Senior Kategese

  • Reël jeugkampe en uitstappies

  • Besoek ouers van dooplidmate

  • Behartig tienerbediening by die Koffiekerk

  • Vestig en koördineer jeug omgeegroepe

  • Organiseer en koördineer daadwerklike  uitreikasies deur / na jongmense

​

​

​

 Erediens Bediening

  • Koördineer opneem van dankoffers en bediening van Nagmaal gedurende eredienste

  • Koördineer spanne wat klanktoerusting en rekenaar behartig tydens eredienste en ander byeenkomste in die kerkgebou

  • Koördineer lofsangbeurte tydens eredienste

  • Koördineer koordanse met optredes tydens eredienste en spesiale geleenthede.

  • Koördineer ontvangs van nuwe intrekkers

​

 Hulpverlening Bediening

(Huis Kiepersol, Klub Helpmekaar, Woord en Brood en Sonstraal Skool resorteer onder hierdie bediening)

  • Inisieer en koördineer uitreikprojekte op barmhartigheidsterrein

  • Skakel met Klub Helpmekaar en ander rolspelers op hierdie diensterrein

​

 Gasvryheid Bediening

Hierdie bediening het ontstaan uit die ou ‘Vrouebediening’.  Dit het verskeie verantwoordelikhede in ons gemeente maar die groter doel is om mense te laat welkom en tuis voel, het sy deur besoeke aan nuwe intrekkers of funksies wat gereël word waar gemeentelede – en ook ander van die gemeenskap – mekaar kan leer ken.

Die bediening is onder andere verantwoordelik vir die volgende:

  • Verwelkoming van  nuwe intrekkers op Sondag net na die erediens

  • Die koördinering van gemeentefeeste, gemeentebraaie, verversing by kerkraadsvergaderings ens.

  • Die reël van funksies vir die gemeente waar die gemeenskap ook betrek word. Só ‘n funksie dieng ewoonlik as ‘n fondsinsameling vir spesifieke geïdentifiseerde projekte wat aangepak word. Of dit nou is om nuwe godyne in die moederskamer aan te bring of om nuwe eetgerei aan te koop. Hier is gewoonlik heel wat hande nodig en daarom is ons altyd baie dankbaar vir nuwe lede by hierdie bediening.

  • Vergaderings word kwartaaliks gehou soos aangedui op die kalender. Natuurlik sal daar tussen-in vergaderings wees wanneer daar ‘n groot funksie beplan word, maar dit is nie te baie nie.

  • Om fondse aan te vul, doen ons soms ‘n onthaal of vergadering se  spyseniering vir instansies of persone wat die gemeente se saal huur.

Die Here het ons elkeen geseën met spesifieke gawes. Indien jou gawes gebruik kan word in hierdie bediening, wil jy nie kom inskakel nie, asb? Hoe meer hande (en koppe!) daar is hoe minder werk het elke persoon om te doen en hoe groter is die vreugdes van ons arbeid.

​

Moenie nalaat omgasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. Heb 13:2

​

Fees Bediening 

  • Organiseer die jaarlikse fees deur 'n komitee

  • Organiseer enige ander fondsinsamelings wat bydrae tot die inkomste van die fees, bv 'n vleisverkoping, varkbraai ens.

​

 Diensverhoudinge Bediening

  • Hanteer alle personeel aangeleenthede

  • Bestuur opleiding, ontwikkeling, prestasie en dienskontrakte van gemeente personeel.

​

 Eiendom Bediening

  •  Verantwoordelik vir alle toerusting (ook van kombuis) en eiendomme

  • Koördineer alle instandhoudingswerk aan kerkeiendom

​

 Finansies Bediening

  • Stel die finale begroting op in samewerking met die ander Diensgroepe

  • Pas finansiële kontrole toe

  • Hou naamlys van verskillende diensverskaffers

​

 Aksie Seniors

Aksie Seniors se ontstaan:

Die Sinode het ‘n versoek gerig dat die Kerkrade van die Ring nie hul afgetrede lidmate moet vergeet nie.  ‘n Begroting moet vasgestel word vir hulle volgens byeenkomste, uitstappies, gesellige samesyn. ‘n Komittee is gestig om die reëlings vir Aksie Seniors Handevat te hanteer.

Die doel is om na al die afgetrede persone uit te reik, hulp te verleen soos nodig bv vervoer, toiletware, saam kuier ens.

Wat behels die Aksie Seniors:

  • Die insameling van toiletware vir Waterberg Ouetehuis

  • Teeskink by Ons Hoop ouetehuis word gedoen met ‘n program

  •  Die reël van funksies

Wat doen Aksie Seniors  se lede alles:

  • Uitstappies

  • Byeenkomste

  • Ligte etes

Wie kan aansluit by Aksie Seniors:

  • Enige afgetrede persone

  • Enige iemand wil help met die reëlings ens

Koste:

Aksie Seniors het ‘n blou kassie waarin  nie-verpligtende donasies gesit word, sodat die koste vir elke Aksie Seniors lid verminder kan word na R20 tot R30 per ete, en soms is dit gratis

​

Kom sluit asseblief aan as u nog nie het nie! Dit is vet pret!

​

bottom of page