top of page

Bybelstudie

Die Bybelstudie groep kom Dinsdae om 09:00 in die saal bymekaar.

Ons gemeente se Bybelstudiegroep vergader elke Dinsdagoggend in die skoolkwartale, om 09h00, gewoonlik in die kerksaal of kerkgebou. Dit is vir mans en dames, almal is welkom. Ons behandel gewoonlik saam ‘n Bybelboek, wat ons vers vir vers deurlees, en saam gesels. Hier is die geleentheid om vrae te vra, getuienisse te deel, en gebedsversoeke vir medegelowiges deur te gee. Hou maar die weeklikse afkondigings of die kerkalmanak dop oor Bybelstudietye.

Van tyd tot tyd sal ons ook van die Teach Every Nation materiaal tydens die Bybelstudietyd aanbied, veral die “Survey of the Bible” van Dr Bruce Wilkinson, wat vir ‘n mens ‘n goeie begrip gee van die tye, plekke, persone en bewegings van die Ou en die Nuwe Testament.

Ds Ewald is verantwoordelik vir die Bybelstudie en Toerusting in die gemeente.

bybelstudie.jpg

Slegs tydens skoolkwartale (sien die kalender)

Dinsdag om 09:00 in die kerk

Kontak: Ds Ewald Schmidt 082 579 6648

bottom of page