top of page

Dissipelskap en Toerusting

Een van die kerk se belangrikste take is om elke lidmaat toe te rus om te groei tot geestelike volwassenheid. Die Here wil elkeen van ons gebruik as dissipels. Mense wat nie net  hoorders is van die Woord nie, maar volgelinge van Jesus, doeners van sy opdragte.

Ons gemeente het elke Dinsdag gedurende skoolkwartale Bybelstudie in die saal, om 09h00 tot 10h00. Hier werk ons gewoonlik saam deur ‘n Bybelboek, voer gesprek, leer en groei saam.

Ons gemeente begin in 2019 ook om saam met Teach Every Nation die Bible School on Wheels kursusse aan te bied. Hierdie Bybelskool help gelowiges om toegerus te word hoe om die Bybel beter te verstaan, om te onderskei waarmee God tans besig is in my lewe. Dit leer ons hoe om prakties te vergewe waar ons seergekry het. Daar is tien verskillende kursusse, elk 8 weke lank, wat van tyd tot tyd aangebied gaan word. Volg die weeklikse afkondigingsblaadjie vir die volgende kursus se aanvangsdatum. Ds Ewald is die dekaan van die plaaslike Bybelskool.  Kontak hom gerus vir meer inligting.

EE3 Kursus

ALMAL BETROKKE BY JEUGBEDIENING, OUERS, OUPA’S EN OUMA’S
Deel jy jou geloof op só manier dat soekende mense ‘n oorgawe aan Jesus maak?
Kom leer hoe!
Saterdag 5 Augustus om 08:00 in NG Nylstroom Oos Kerksaal
Aanbieder: Ds. Driaan Britz
Koste: R50 p/p (Kontak Ds. Danie as die koste ‘n probleem is – 082 579 6649

Meer inligting hier

TEN Plaque.png

Volg gerus hierdie skakel vir meer inligting

TEN.png
bottom of page