top of page

Daar is verskeie maniere om sommer gou deel te word van die gemeente! Op die volgende onderafdelings kan u meer gaan lees oor die verskeie uitreikaksies, bedieninge en ook die weeklikse Bybelstudie.

​

Sondae na die erediens drink ons lekker saam koffie op die stoep by die saal. Kom geniet 'n heerlike beker Wiesenhoff koffie terwyl die kiddies nog by die kategese is. Waarom in die kar wag as jy lekker koffie kan kry!?

​

Dan is daar ook nog ons heerlike gemeentekuiers (soos op die kalender aangedui), ons jaarlikse fees in September waar 'n ekstra paar hande altyd welkom is, die vleisverwerking vir die fees wat lekker kuier saam met die harde werk is en dan kamp ons ook saam een maal 'n jaar.

​

Die musikales het ook 'n orkes wat ons van tyd tot tyd begelei tydens eredienste en hulle het altyd plekkie vir nog een met die gawe om musiek te maak met 'n instrument. En as jy nie 'n instrument kan bespeel nie, maar jy 'n geseën met 'n sangstem, kom sluit aan by die lofsangers. Met elke erediens word die gemeente begelei en ons sing sommer baie lekker (en glo my, ons lag met oefening nét so baie as wat ons sing!) En as jy 'n slimkop is met rekenaars, klank en tegniese goeters, kom help asseblief met die tegniese sy van die eredienste deur deel te word van die tegniese span.

Indien u enigsins onseker is, skakel asseblief die kerkkantoor (of enige van die ander nommers wat verskaf word by die onderskeie aksies en bedieninge).

​

Ons wil jou baie graag leer ken! Kom skakel asseblief in by die gemeentebedrywighede en word deel van ons 'Omgee Gemeente'!

bottom of page