top of page

Kantoorure

Ma - Do: 08:00 - 14:00. Gesluit op Vrydae en publieke vakansiedae

IMG_20180915_175211_178.jpg

  Deirdré Stoffberg

  E-pos:  kerkkantoor@ngoos.co.za    Selfoon:  +2773 411 6944    

Dankie! Boodskap versend.

Laat ek myself voorstel, ek is Deirdré en is die kantoorbestuurder hier

by die gemeente en my regterhand in die

administrasie is Hanna.​

 

WhatsApp Image 2024-03-05 at 08.53.02_987940d5.jpg

Hanna Pistorius

E-pos: admin@ngoos.co.za  

Selfoon:  +2772 262 5929

Dankie! Boodskap versend.

Winkerk toepassing: Jou inligting op ons lidmatestelsel is nou in jou hande.

Die nuwe Winkerk toepassing maak dit maklik vir lidmate om inligting soos telefoonnommers wat verander, self te verander.

Jy kan ook, byvoorbeeld, 'n groep maak en ander lidmate nooi om daarvan deel te word, sonder dat jy almal se telefoonnommers in jou kontaktelys hoef by te voeg.

Die gemeentekalender, boodskappe vanuit die kantoor, die weeklikse afkondigings en meer sal met hierdie toepassing uitgestuur word.

Laai dit vandag nog af en jy het al jou gemeente se inligting op jou vingerpunte.

Hier is stap-vir-stap aanwysings om die Winkerk toepassing af te laai op jou slimfoon, tablet of rekenaar.

Video's met meer inligting en hulp vir die aflaai en installeer van die Winkerk toepassing
1.Bekendstelling van die App aan lidmate: https://youtu.be/YvwhqcdAGvg
2. Hoe om die App van Google Play Store te download en te installeer:  https://youtu.be/JMyLhB48LY4
3. Hoe om jouself te registreer op die App:  https://youtu.be/34y2elocnVw

Bietjie meer inligting oor die doen en late van die kantoor:

​

U inligting op ons stelsel:

Dit is vir ons belangrik dat u inligting op ons stelsel op datum bly. Doen asseblief die moeite om u en u gesin se inligting deur te gee vir bywerking indien kontakbesonderhede, adresse, huwlikstatus ens verander.​
Ons voldoen aan al die nodige POPI Wet vereistes vir die berg en gebruik van persoonlike inligting.​​

Nog nuttige skakels:

Kalender:

Soveel moontlik van die gemeente se aktiwiteite word op die kalender aangedui. Kyk maar gereeld daarna om op hoogte te bly van wat gebeur wanneer. Op die onderste gedeelte van die ‘kop’ van die (gedrukte) kalender, is al die belangrikste kontakbesonderhede. Vergewis uself asb daarvan. Indien daar ‘n verandering op die kalender is, word dit gewoonlik dmv die afkondigings deurgegee en ook dadelik op die webwerf se kalender aangebring. Hou maar u oog daarop.

WinkerktoepWhatsApp en SMS’e:

Ons probeer om met verjaarsdae, siekte, huweliksherdenkings, dringende sake of sommer net omdat ons omgee, boodskappe uit te stuur aan ons lidmate.

Ons maak nou gebruik van die Winkerktoepassing vir die meeste kommunikasie maar het steeds WhatsApp beskikbaar.

SMs'e word uitgestuur deur groot “servers” wat elders gehou word en die nommers is dus vreemd wat by u verskyn. U kan egter “reply” op ‘n sms en dit kom by ons deur.

Doop:

Voornemende doopouers (veral ouers wat vir die eerste keer doop) moet asb minstens vyf weke voor die beplande doopdatum met ons skakel wanneer hul hul kind/ers wil doop. Dit gee ons genoeg tyd om te verseker dat u inligting korrek is op die stelsel of om reg te maak indien nie. Ons reël ook die doopgesprek met die leraar vir u.

Begrafnisse:

Indien ‘n geliefde se begrafnis- of roudiens uit ons kerkgebou geskied moet u ook asb die kerkkantoor in kennis stel. Indien die afgestorwe persoon ‘n lidmaat was by ons maar die diens vind op ‘n ander plek plaas, moet u ons asb steeds in kennis stel van die afsterwe. Ons sit met rooi gesigte indien ons bv verjaardagwense stuur en iemand kom sê dat daardie persoon reeds oorlede is. 

​

Indien daar ‘n versoek is vir ‘n begrafnis op ‘n Vrydag, vra ons dat – sover moontlik – die tyd van die diens 10:00 sal wees. Indien dit nie vir die familie moontlik is nie, neem asseblief vrymoedigheid en gesels met die leraar wat u bystaan.

Saterdae begrafnisse is uitsonderlik, maar tog wel moontlik. Weereens, gesels asseblief betyds met die leraar. (Dit beteken so bietjie meer beplanning en reëlings deur die kerkkantoor en die gavryheidsbedieningsgroep, wat die verversings hanteer).

Meer inligting oor reëlings, kostes, verversings ens.

Belangrike inligting om naasbestaandes by te staan by die dood van 'n geliefde

Verhuring van eiendom:

​

Geen stoele en tafels word uitverhuur nie.  U kan ons saal huur met tafels en stoele ens. Skakel die kerkkantoor vir 'n kwotasie indien u die saal en bybehore wil huur.

 

GEEN EIENDOM VAN DIE KERK MAG DIE KERK PERSEEL VERLAAT OF UITVERHUUR WORD OM DIE KERKPERSEEL TE VERLAAT NIE. Die Eiendomskomissie het die laaste sê oor huur van kerkeiendom.

​

Laat weet asb die KANTOOR van gebedsversoeke, siektes, operasies, probleme met, of behoefte aan, huisbesoek, om iemand op die gebedslys te plaas of af te haal, as u die saal wil huur, die kerkgebou wil gebruik, as u wil doop, indien u ‘n nuwe intrekker is en vorms soek …… Dit word alles deur die kantoor hanteer – nie deur ons leraars, mede lidmate, mense op die terrein ens nie.

Bydraes:

Maandelikse bydraes, spesiale bydraes, donasies ens kan op verskeie maniere betaal word:

- Gooi dit Sondae in die kollektesakkies

- Bring dit na die kantoor

- Daar is 'n posbus by die hoofhek waarin u dit kan gooi

- Kaartbetaling in die kantoor of met

- EFT

- Vir u gerief kan u ook 'n betaling maak deur op die 'Maak 'n betaling' skakel te druk. Dit sal u neem na 'n bladsy waar u dan u bank kan gaan kies, na die webwerf gaan en 'n betaling kan maak. 

​

Elektroniese inbetalings:

U is meer as welkom om u bydraes (hetsy 10de, vir projekte, fees ens) elektronies in te betaal. Indien daar ‘n inbetaling is met net ‘n naam, neem ek aan dat dit ‘n 10de bydrae is en word dit so op ons finansiële stelsel aangedui. Indien u vir enige ander rede ‘n oorbetaling maak MOET U DIT ASB SO SPESIFISEER. (Bv MJ Pienaar/fees).

​

Bankbesonderhede:

Bank:             FNB

Rek naam:    NG Kerk Nylstroom Oos

Rekno:           6242 806 4414

Tak:               260 247

Tipe:              Lopend/Tjek

​

Vir kennisname: Kontant deposito’s binne die bank het redelike stywe bankkoste tot gevolg (vir ons rekening). Indien u egter dit by by die ATM Advanced (die autobank buitekant) inbetaal is die kostes óf minder óf selfs gratis.

​

Kaartfasiliteite: 

Ons beskik oor kaartfasiliteite in die kantoor. Die meeste kaarte word aanvaar. U is welkom hiervan gebruik te maak – dankoffers, donasies, kaartjies koop ens. Ons neem egter nie gelde wat moet oorbetaal word aan 'n ander party, via kaartbetalings nie.

Facebook:

Ons gemeente het ‘n Facebook groep – Nylstroom-Oos. Indien jy reeds op FB is, gaan word asb deel van die groep. Van die kantoor se kant af probeer ons om gereeld nuwe inligting deur te gee rakende dinge wat in die gemeente gebeur. Ons sit ook mooi boodskappies op, ons gebedslys vir die week, jy kan vra vir voorbidding ens. Kom word deel daarvan, asb! Dis ‘n vinnige manier om op hoogte bly van gebeure in die gemeente.

Die Kerkkantoor het ook ‘n facebook profiel (NG Nylstroom Oos Kerkkantoor). Daar plaas ons advertensies vir gemeentelede, gebedsversoeke, sommer net mooi goete ens.

​

BAIE BELANGRIK: moet asb nie vir ons boodskappe dmv ‘facebook messenger’ stuur indien dit ‘n belangrike/haastige saak is nie. Daar is genoeg ander maniere om ‘n boodskap by ons uit te kry.

  • Facebook Social Icon

Groep: Nylstroom-Oos

  • Facebook Social Icon

Bladsy: NG Nylstroom-Oos Kerkkantoor

Huweliksbevestiging:

Die reëlings word deur die leraars self hanteer. Geen huweliksbevestigings word deur hulle by ons aangemeld nie. Indien u dus in die huwelik tree en u huwelikstatus verander, moet u ons asb in kennis stel. U nuwe gade se besonderhede word ook nie outomaties aangevra vanaf sy/haar vorige gemeente nie. Vul die nuwe lidmate vorm in en besorg dit by die kantoor, asb.

Ons diens:

Ek wil ook graag vra dat indien daar enige iets is wat ons van ons kant af kan doen om u van beter diens te wees, of selfs as u wil kla oor iets, of ‘n pluimpie het, laat weet my asb. Alle versoeke, klagtes, voorstelle ens sal deur myself as vertroulik hanteer word. (As jy ‘n klagte oor my het – kontak asb vir Chris Beyers, ons Diensverhoudinge Voorsitter dmv ‘n geseëlde koevert, gemerk vir sy aandag en besorg dit by die kantoor).

Dit help nie as u gaan kla by ‘n ander lidmaat nie. Ek kan nie reageer op klagtes as dit nie aan die kantoor gerig word nie. En die persoon/e oor wie u klagte gaan word net (en dalk heel onnodig) in ‘n slegte lig gestel by ander lidmate.

Maak asb gebruik van die klokkie by die hoof skuifhek wanneer u wil inkom op die terrein. Dit gebeur soms dat net een van ons in die kantoor is, elders besig is, en nie sien wanneer iemand voor die hek is nie. Indien u die toeter gebruik, ignoreer ek dit soms (ek sit in die agterste kantoor), want met die kleuterskool hier oorkant hoor ek ‘n toeter 10 keer op ‘n dag en gaan ek beslis nie elke keer alles los om seker te maak of daar iemand by ons hek is nie. As ons nie dadelik reageer nie (ook met die deurklokkie), byt vas vir ‘n oomblik asb, ons kom.

Ons wil graag ‘n omgee gemeente wees en met u hulp kan ons van die kantoor se kant af baie “omgee” as ons u net kan bereik…

​

En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle.

1 Tess 3:12

bottom of page