top of page

Welkom!

'n Vriendelike geloofsgemeenskap van die NG Kerk in Nylstroom waar ons saam wil groei en vrugte wil dra wat ons Here sal verheerlik! 

Kort geskiedenis

Ons gemeente het in 1961 afgestig van die Moedergemeente- Waterberg. Vir die eerste dertien jaar het die gemeente in Laerskool Eenheid se saal bymekaar gekom, terwyl hulle besig was om fondse in te samel vir die bou van die kerk se kampus in Magazijnstraat. Ons kerkgebou is met groot feestelikheid in 1974 in gebruik geneem. Die eerste leraar van ons gemeente was Ds Piet Smit, opgevolg deur Ds Weitz Botes, toe Ds Japie van Deventer. In 1995 het die gemeente deur ‘n stroomversnelling gegaan toe ‘n derde van NG Gemeente Waterberg met die leraarspos van Ds Ewald Schmidt op 21 April 1995 na Nylstroom- Oos toe oorgedra is. Ds Japie van Deventer het in 1996 afgetree, en Ds Lukas Coetzer is beroep. Hy is opgevolg deur Ds Danie Ueckermann in 2008.

Saam met hierdie ses leraars het die Here sy kerk gebou deur ‘n menigte getrou, toegewyde kerkraadslede, en gemeentelede wat hulle gawes met blydskap tot eer van die Here uitgeleef het. Die geskiedenis van Nylstroom-Oos is ‘n mooi verhaal van God se genade. Daar was baie goeie tye, en soms moeilike tye wat ons saam deurgemaak het. In dit alles bou die Here sy kerk. Hierdie pragtige verhaal gaan steeds voort, en jy word genooi om saam te skryf aan die geskiedenis van hierdie geloofsgemeenskap. 

IMG_0554_edited.jpg

Fotogalery

Die ses leraars van die gemeente vanaf 1961 tot tans.

​

Agter vlnr: 

Ds Danie Uckermann 2008 - tans

Ds Lukas Coetzer 1996 - 2008

Ds Ewald Schmidt 1995 - tans

​

Voor vlnr:

Ds Japie van Deventer 1975 - 1996  (     20 Julie 2015)

Ds Weitz Botes 1971 - 1974  (     6 Julie 2017)

Ds Piet Smit 1961 - 1970 (     Julie 2019)

fb0fad1fd7a68758869a6613f45145c4.jpg
fb0fad1fd7a68758869a6613f45145c4.jpg
fb0fad1fd7a68758869a6613f45145c4.jpg
bottom of page