top of page

Om óm te gee, is om te gee!

 

'n Eienskap van gesonde en groeiende kerke wêreldwyd is dat lidmate, in navolging van die eerste Christelike gemeente (Hand 2:41-47), in klein- of omgeegroepe kan inskakel en versorg word.  Alle gemeentes wat geestelik én in lidmaatgetalle groei, het kleingroepe en ervaar die seën van herlewing, groei en verdieping wat daaruit voortspruit.

Hoe word groepe op- en uitgebou?

Mense kies self by watter groep hulle wil inskakel en wanneer hulle 'n byeenkoms wil of kan bywoon.  Sonder vermenigvulgiging of 'verdeling' sal groepe stagneer en uiteindelik doodloop.  Ons mag nie die seën van Christen-omgee tot 'n klompie mense beperk nie, maar moet dit met ander deel.  Dit is dus belangrik vir groepe pm hulle ledetal uit te brei.  Nuwe intrekkers of belangstellendes kry die geleentheid om hulle keuse van belangegroep op 'n vorm aan te dui.  Groepleiers kontak dan voornemende lede en nooi hulle uit.

Omgee vir mekaar is Liefde-in-Aksie

'n Omgeegroep bestaan uit 10 tot 14 mense, drie tot vier gesinne wat gereeld bymekaar kom om die Goddelike opdrag van agapé-liefde en koinonia in dade te omskep.  Met Jesus as rolmodel, verskuif die klem van eiebelang na omgee vir ander - om te GEE van God se liefde, jouself, jou tyd, jou gawes en talente, en van jou geld - aan diegene in én buite jou groep.

Verdere Leesstof

Dirkie van der Spuy, "Herlewing deur omgeegroepe" Kaapstad.  Struik Christelike Boeke 1998.

Wat gebeur in 'n groepsbyeenkoms?

'n Byeenkoms duur ± 2 ure en bestaan uit:

  • Ken-mekaar en sosialisering (wedersydse groet en uitvra na alledaagse/perssonlike sake), tee-/koffiedrink.

  • Administrasie (afkondigings, reëlings i.v.m volgende byeenkoms, ens.)

  • Koinonia, omgee en omsien (onderlinge bediening/versorging, gawes van die Gees, getuienisse)

  • Aanbidding en lofprysing

  • Gebed (saambid/voorbidding), stilgebed/kringgebed, gebedsversoeke)

  • Lering (behandeling van die lesmateriaal, gerigte Bybelstudie)

  • Uitreikaksies (groepprojekte, bediening van 'onbetrokkenes')

Omgeegroepe bring seën

Dit is 'n manier waarop lidmate God verheerlik en tot die geestelike opbou en uitbou van die gemeente bydra.

 

Wonderlike seën vloei uit hierdie bediening:

  • Praktiese dissipelskap en koinonia kom tot sy reg - daders en nie net hoorders van die Woord nie.

  • Betekenisvolle geestelike vrienskappe word gesmee - ware broers en susters in Christus.

  • Geestelike verdieping en groei vind plaas - liefde, omgee, betrokkenheid en bediening gebeur.

  • Huwelike en gesinne word hegter saamgebrind.

  • 'n Nuwe erediensatmosfeer met 'n spontaneïteit in lofprysing, aanbidding en gebed ontwikkel.

  • 'n Oefenruimte vir lering, gebed, gawes van die Heilige Gees, lofprysing en getuienis.

  • Gawes word 'ontvries' en deur uitreikaksies/projekte in diens van God en nasies gestel.

  • Nuwe Lidmate word makliker ingeskakel en deel van die 'hoofstroom'.

  • Onderlinge toesig en tug kom tot sy reg.

  • Leraars se funksie verander - hulle bemagtig en skool leiers om mense geestelik te help.

  • Dankofferbydraes styg, want geestelik geseëndes gee blymoedig!

 

Vertrou en verheerlik God Drie-enig!

Gee om vir mekaar en bereik die wêreld!

bottom of page