top of page

Ons gemeente het twee voltydse leraars. Maak so bietjie nader kennis met elkeen met hierdie inligting.

Kontak hulle gerus ook direk via e-pos met die onderstaande vorm.

Ds E Schmidt

Noemnaam: Ewald

Telefoonnommers: Selfoon 082 579 6648

E-pos: ewald@ngoos.co.za

Sy vrou : Annelie

​

Bietjie meer oor Ds Ewald:

 

Ewald is in Pretoria gebore maar het op Newcastle grootgeword. Hy het by die Universiteit van die Oranje Vrystaat Teologie gaan studeer, waar hy Annelie alreeds in sy eerste jaar ontmoet het. Sy het in Orkney grootgeword. In die Maart vakansie van sy 5de jaar is hulle twee bloedjonk getroud. Die huwelik gaan na 25 jaar saam net mooier en mooier aan. Daar is vier kinders uit die huwelik gebore: Anja, Bernard, Ewald & Stephan. 

Ds Ewald en sy vrou Annelie Schmidt.jpg

Dankie! U boodskap is gestuur.

Ds DJH Ueckermann

Noemnaam: Danie

Telefoonnommers: Selfoon 082 579 6649

E-pos: danie@ngoos.co.za

Sy vrou : Marietha

​

Bietjie meer oor Ds Danie

 

Danie is op 24 Julie 1959 in Messina gebore, waar hy ook sy skoolloopbaan voltooi het.  Daarna het hy met sy teologiese studies by die Universiteit van Pretoria begin, en dit in 1985 voltooi.  Danie en Marietha (afkomstig uit Groblersdal) het mekaar gedurende hulle studentejare ontmoet, waar Marietha haar BSc(Ed) graad verwerf het met wiskunde as hoofvak.  Hulle is in 1983 getroud en die Here het hulle geseën met twee kinders, Madia (1989) en Righardt (1991).  Danie sê dat hy reeds vanaf sy vroegste kinderjare gewéét het dat hy ‘n dominee wil word, en dat hy nog nooit spyt was oor sy besluit om ‘n predikant te word nie.

Ds Danie en vrou Marietha Ueckermann.jpg

Dankie! U boodskap is gestuur.

bottom of page