top of page

Die gemeente het verskeie aksies, uitreike en is betrokke by ons gemeenskap op verskillende terreine, waarby enigeen betrokke kan raak.

Lees gerus deur onderstaande en vind 'n plekkie vir jou voet en hart.

Om 'n finansiële bydrae te maak ten opsigte van enige van hierdie aksies/organisasies,

kliek hier.

WOORD EN BROOD

​

Vrywilligers kom Donderdae 09:00 by die kerksaal byeen vir die voorbereiding van broodjies  en drinkgoed.  Somermaande is daar koeldrank en in die koue maande sop en  broodjies. Daarna word die voorbereide eet- en drinkgoed gehaal deur Klub Helpmekaar wat dan die kos help versprei.

 

Persone wat wil sop kook in die winter, skenkings van bestandele, koeldrank, konfyt en grondboontjiebotter wil maak of kom help toebroodjies smeer en gaan uitdeel, word verwelkom.

 

Kontak Johan & Anneke du Plessis by 082 4716 246

​

Aanwending van finansiële bydraes:

Aankope van koeldrank, brood, grondboonbotter, margarien en dalk iets lekkers ekstra aan die einde van die jaar, indien fondse dit toelaat.

​

KLUB HELPMEKAAR

​

Klub Helpmekaar, 'n  geregistreerde  NIE-WINSGEWENDE (WELDAADS) organsisasie (NWO) het ten doel om arm inwoners, swerwers, gesinne, bejaardes en kinders van Modimolle in nood  te ondersteun.

 

Die werksaamhede is gesentreer in die Dienssentrum, te van Riebeeckstraat 65, Modimolle.  Die Klub se  winkel is ook hier ingerig  en verkoop gebruikte klere en goedere ter ondersteuning van die Klub se begroting en help met broodnodige aankope van kos voorrade.  Dienslewering word gekoördineer in samewerking met ander maatskaplike dienste, professionele organisasies, kerkgemeenskapdienste, privaat weldaadsorganisasies, plaaslike owerhede en die publiek.

 

Hulle bied die volgende projekte aan:

 

  • Borg 'n kleuter

Jong kinders word geïdentifiseer vir dagversorging en voorskoolse ontwikkeling by kleuterskole ten gunste van 'n gestruktureerde leeromgewing. Hierdie kostes beloop R350.00 per kind per maand.

 

  • Passie vir 'n Tassie

Klub Helpmekaar, in samewerking met die Ondersteuningsraad Modimolle, bedryf al vir die afgelope paar jaar 'n projek wat ten doel het om kinders te voorsien van die nodige skool skryfbehoeftes vir die jaar.  Graad 1 maatjies ontvang 'n skooltassie met skryfbehoeftes.

​

  • Geleentheidsetes vir Bejaardes/Senior Burgers

Met hierdie projek word in samewerking met die Waterberg en Ons Hoop Ouetehuise 'n spyskaart  opgestel  vir 'n geleentheidsete en word die bestanddele daarvoor gekoop.  Uitwonende Senior burgers kry ook per geleentheid 'n spesiale voedselpakkie.  Aanvullende voedsel drankies word verskaf aan die senior burgers sodat dit 'n verskil kan maak aan sy/haar gesondheidstoestand, asook noodsaaklike items soos nodig.​

 

Gal 6:2

"Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus"

 

FNB  Modimolle 260 247

Rekeningnommer: 62026426438

Tipe: Tjek​​

  • Facebook Social Icon

Besoek gerus hul facebook blad

Kontak Stephen Kloppers (Voorsitter) by 083 6549 568

Hul e-pos adres: klubhelpmekaarb2018@gmail.com

​

Aanwending van finansiële bydraes:

Koepons vir kruideniers (beloop tot R25 000.00 pm), lopende kostes - huur, water, krag... - onderhoud aan huise by Abba woonplek, kleutersorg, vul tekort aan met Passie vir 'n Tassie projek, noodsorg aan lede.

44944460_2058505061058292_74976622776302

Huis Kiepersol/Abraham Kriel Kinderhuis

​

Ons gemeente is mede-verantwoordelik (saam met ander gemeentes) vir Huis Kiepersol by die

Abraham Kriel Kinderhuis.  (Elke huis is toegeken aan 'n gemeente)

Huis Kiepersol is 'n seunshuis met ongeveer  10 - 12 seuns van graad 2 tot graad 12.  Die gemeente dra

maandeliks by tot die huisfonds en gemeentelede is ook betrokke by die huiskomitee.  Daar word een

maal per kwartaal 'n uitstappie, vleisbraai of kuiergeleentheid gereël vir die seuns.  Daar word ook koek

of tert voorsien met 'n seun se verjaarsdag om dit bietjie spesiaal te maak en hulle word ook gereeld

bederf met beskuit.  

​

​

 

 

Kontak Susan Swanepoel 082 564 1926

​

Aanwending van finansiële bydraes:

Enige instandhouding wat mag nodig wees aan die huis, vervanging/herstel van elektriese toerusting bv die wasmasjien, geskenkies aan die einde van die jaar.

  • Facebook Social Icon

Besoek gerus Abraham Kriel Kinderhuis, Nylstroom, se facebook blad

bottom of page